Feeds:
Bydraes
Comments

Gewonder !

Kyk nou net, net vandag het jy gewonder wat om te doen. Jy voel mismoedig oor jou finansies en weet nie waar dit vandaan gaan kom nie. Moet asb nie moedeloos word nie, hier is goeie nuus vir jou. In hierdie Ps kan ons sien dat ons wat die Here vrees, sal geseën word en voorspoed sal jou deel wees.

Ps 128:4   Kyk, so sal sekerlik geseën word die man wat die HERE vrees.  :5  Mag die HERE jou seën uit Sion, dat jy die voorspoed van Jerusalem mag aanskou al die dae van jou lewe!   :6  En dat jy jou kindskinders mag aanskou! Vrede oor Israel!

Ek roep na U

So baie het ek al gehoor dat mense sê hulle roep na God en dit voel asof Hy nie hul stem hoor nie. Dit voel net asof daar nie meer hoop is nie en dat God hul vergeet het. Die goeie nuus is, as u Sy kind is sal Hy u stem hoor. Nou is daar nuwe hoop,want Hy verlos ongeregtighede.

Ps 130:2    Here, hoor na my stem; laat u ore luister na die stem van my smekinge.   :3  As U, HERE, die ongeregtighede in gedagtenis hou, Here, wie sal bestaan?   :4  Maar by U is vergewing, dat U gevrees mag word.   :5  Ek wag op die HERE; my siel wag, en ek hoop op sy woord.   :6  My siel wag op die Here meer as wagters op die môre, wagters op die môre.  :7  Wag op die HERE, o Israel! want by die HERE is die goedertierenheid, en by Hom is daar veel verlossing;   :8  en Hy self sal Israel verlos van al sy ongeregtighede.

Rek en Strek

Een ding weet ek verseker, aan die geskiedenis kan ek  niks verander nie. Dit wat gebeur het is gedane sake. Het u al iets gedoen en as u dit klaar gedoen het, besef u dat u ‘n baie groot fout begaan het. U het dit gedoen u kan dit nie verander nie, vergeet dit nou en maak seker u maak nie weer so ‘n fout nie. Ek kan wel ‘n verskil aan die toekomstige dinge maak. Ek het nie Jesus as verlosser en saligmaker aan geneem toe ek moes nie en het die prys daarvoor betaal, maar nou dat ek Sy kind is streef ek daarna om volmaak te wees soos Jesus Christus.

Fill 3:14    Maar een ding: ek vergeet die dinge wat agter is en strek my uit na wat voor is, en jaag na die doel om die prys te verkry van die hoë roeping van God in Christus Jesus.  :15  Laat ons almal dan wat volmaak is, so gesind wees; en as julle anders gesind is, sal God dit ook aan julle openbaar.

Vanoggend het jy opgetsaan en jy voel dat dinge net te veel geword het vir jou. Jy wil almal tevrede stel en gelukkig maak. Dit het jou uitgeput en dit voel asof niemand waardeer wat jy doen nie. Miskien het jy dit oorweeg om jou uitkoms in iets anders te gaan soek. Ek het wondelike nuus vir jou, Ja vir jou wat nou hier lees. God, die Vader van Jesus Christus, het jou baie lief en wil hê dat jy na Hom moet kom, sodat Hy jou kan help. Hierdie volgende skrif is spesiaal vir jou.

Ps 46:1  Vir die musiekleier. Van die kinders van Korag. Met sopraanstemme. ‘n Lied. (46:2) God is vir ons ‘n toevlug en sterkte; as hulp in benoudhede is Hy in hoë mate beproef.   :2  (46:3) Daarom sal ons nie vrees nie, al waggel die aarde en al wankel die berge weg in die hart van die see.

 

Al baie gewonder waarom mense so suksevol is in die lewe. Wel hier is een van die geheime wat ek graag met jou deel sodat jy ook suksesvol kan wees.

Fill 2:4   Julle moet nie elkeen na sy eie belange omsien nie, maar elkeen ook na die ander s’n.   :5  Want hierdie gesindheid moet in julle wees wat ook in Christus Jesus was.

 

Kan nie !

Hoe dikwels hoor ons nie ” ek kan nie meer nie”. Ja, die gejaag van die lewe en die geweldige hoë eise wat die lewe stel, laat mens voel dat jy nie meer verder kan nie. Die wonderlike antwoord vind ek hier in die volgende skrif in die woord van die Here.

Fill 4:13    Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee.

Vrees !

Vrees is deesdae aan die orde van die dag. Mense vlug die wêreld vol, van hier na daar en oral rond. Oral is vrees en mense is bang. Ek weet dit is maklik om te praat, maar ons hoef nie as kinders van die Here te vrees nie.

2Tim 1:7    Want God het ons nie ‘n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing.

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.