Ons dienste by Canaan Byenespoort begin om 09h00. Dit is ongeveer 21km op die Cullinan Pad (R513) vanaf die Zambesi N1 kruising.
Vanaf Zambesi N1 kruising, Ry u op die R513 na Cullinan vir ongeveer 17 km verby die Baviaanspoort gevangenis diens, totdat u die Mamelodi M10 / Kwamlhanga kruising(R573)kry.
Draai nou links op die R573 na Kwamlhanga en ry vir ongeveer 5.5km, As u ons bord aan die linkerkant van die pad sien, MOET nie daar draai nie, ry verby totdat u die Diamond cash store winkel op die Linkerkant kry. By die Diamond Cash store draai u links op die grond pad langs die winkel verby vir ongeveer 900 m. U sal die Canaan Events bord sien. By die bord draai u skuins regs by die vurk en draai by die groen hekke in (C14). U sal die Kerk aan die linkerkant sien. U parkeer aan die regterkant oorkant die kerk.
Ry asseblief veilig sit die veiligheids gordel aan en onthou u betsuurders lisensie, daar is gereeld pad blokkades.